Welkom by ons nuwe webtuiste! Kyk gerus bietjie rond...


Kampe en Vakansieprogram

Bystand is nie noodwendig finansieel nie; daar is geleenthede soos ons naweekkampe wat van 'n Vrydagmiddag tot 'n Sondagmiddag duur. Dit is naweke vol pret en plesier, maar is vir ons as span onmoontlik as dit nie vir al ons wonderlike vrywilligers is nie. U kan op twee maniere betrokke raak:

Kosspan: U kan 'n groep vriende of dalk 'n selgroep bymekaarmaak en vir ons kom kook vir die naweek.

Groepieleiers: Of as u nog jonk of jonk van gees is, kan u 'n groepieleier vir een van die groepe wees. U is dan basies ma of pa vir die kinders vir die naweek. Wees gereed om baie te speel en lag en nie so baie te slaap nie!

Die kampdatums is soos volg:

  • 29 November -1 Desember 2013 : LIC-TIC-visvangkamp
  • 11-13 April 2014 - Danville Kamp
  • 19-21 September 2014 - Heuwel kamp
  • 10-12 Oktober 2014 - Tienerkamp

 

'n Ander manier waarop u betrokke kan raak, is deur ons vakansieprogram. Vir inligting oor die vakansieprogram, kan u gerus gaan kyk na die inligting onder projekte – Speel, Leer en Groei.

Finansies

LIG Kinderbediening is 'n geloofsaksie-organisasie en ontvang geen staatshulp nie. Die voortbestaan van al ons projekte is grotendeels afhanklik van vrywillige donasies van individue, sowel as besighede en gemeentes. Fondsinsamelings pogings is beperk tot een of twee musiekkonserte per jaar vir spesifieke projekte.

Lees gerus meer...

Borg 'n kind en noodfonds

As u graag 'n bydrae wil maak tot ons bediening, is daar verskeie projekte waarby u betrokke kan raak. 

Lees gerus meer...

Nie-bederfbare goedere

Goedere soos klere, kos, toiletware, skoonmaakmiddels, speelgoed, tegnologie, meubels en enige iets anders in goeie werkende toestand, is altyd welkom. As u graag self 'n kospakkie wil pak vir 'n gesin, is u welkom om u eie oordeel te gebruik, maar hier volg 'n paar voorstelle: 1kg suiker, 1kg mieliemeel, 1l olie, 1kg koekmeel, 1kg rys, 1kg hawermout, macaroni, 4 blikkies kos, (boeliebief, groente, soyamaalvleis, konfyt), grondboontjiebotter, koffie, seep en tandepasta.

Vrywilliger-betrokkenheid

Soos reeds genoem in die inligting oor ons projekte is ons bediening tot 'n groot mate van vrywilligers afhanklik. By ons Bybelklubs, tydens die vakansieprogram en tydens die naweekkampe, het ons soveel as moontlik vrywilligers moontlik nodig.

Bybelklubs

By die Bybelklubs is ons droom om in elke klub die kinders volgens ouderdomme in klein groepies in te deel. Dit maak hand- en ander aktiwiteite soveel makliker en gee ook vir elke kind die geleentheid om hulle storietjie met 'n oom of tannie te deel. As ons groepe groot is, loop ons soms die geleentheid mis om kosbare gesprekke met kinders te kan hê. Soos reeds genoem, het ons elke week 9 verskillende Bybelklubs:

  • Maandae: 14:00-14:40 - Generaal Beyers Laerskool 15:30-17:30 – Twee kinderklubs by Die Heuwel woonstelle. 18:00-20:00 – LIG-TIC by Die Heuwel woonstelle.
  • Woensdae: 14:30-17:30 – Een kinderklub en een tienerklub, LIG-TIC, by NG Kerk Wespoort.
  • Donderdae: 10:00 -12:00 – Graad R-klubs by Beyers Bytjies-kleuterskool. 14:00-15:00 – Westerlig Laerskool.

 

Op hierdie stadium het ons veral by die Maandag- en Donderdag-klubs vrywilligers nodig. As u belangstel om een week eers te kom kyk wat dit behels, is u welkom.


 

© Copyright 2004-2017 - Ligkinderbediening
This site is powered by CMS Made Simple | Website by ModernHieroglyphics